Последние посты

Supertaal
22 сент., 13:43
aartappelbos in Woordeboek'n Aartappelbos. aartappelbos Afbreking: aar•ta•pel•bos Samestelling: aartappel + bos--- Selfstandige naamwoord: aartappelbos Meervoud: aartappelbosse Verkleinwoord: aartappelbossie Meervoud van verkleining: aartappelbossiesBetekenis: • 'n Struik of klein boom met geel blomme en swart bessies wat o.a. in die Laeveld en ooskus van KwaZulu-Natal voorkom, Phyllanthus reticulatus.Gebruik: • Die aartappelbos het 'n kenmerkende geur wat na gaar aartappels ruik.Vertaling:
Supertaal
22 сент., 13:43

Supertaal
22 сент., 13:28
kraalbos in Woordeboekkraalbos Afbreking: kraal•bos Samestelling: kraal + bos--- Selfstandige naamwoord: kraalbos Meervoud: kraalbosseBetekenis: • 'n Struik in die vygiefamilie, inheems aan Suid-Afrika en Namibië, Aizoon africanum.Gebruik: • Die kraalbos is 'n aromatiese plant, 0,5 tot 1,5 meter hoog, wat in die droë, sanderige gebiede van Suider-Afrika voorkom.Vertaling: Engels: African aizoon Nederlands: Aizoon africanum
Supertaal
22 сент., 13:18
oumakappie in WoordeboekSkets van die plant. oumakappie Afbreking: ou•ma•kap•pie Samestelling: ouma + kappie--- Selfstandige naamwoord: oumakappie Meervoud: oumakappiesBetekenis: • 'n Orgidee wat in Suid-Afrika voorkom, Disa aconitoides.Gebruik: • Die oumakappie groei in die bergagtige gebiede van Suid-Afrika.Wisselvorm: • moederkappie • oumakappertjie
Supertaal
22 сент., 13:18

Supertaal
22 сент., 13:04
ligsinnige in Woordeboekligsinnige Afbreking: lig•sin•ni•ge Samestelling: ligsinnig + -e--- Selfstandige naamwoord: ligsinnige Meervoud: ligsinnigesBetekenis: • Iemand wat ligsinnig is (nie ernstig of verantwoordelik is nie).Gebruik: • Die ligsinniges het nie die erns van die situasie besef nie.Vertaling: Engels: frivolous person, thoughtless person Nederlands: lichtzinnige
Supertaal
22 сент., 13:01
langdradige in Woordeboeklangdradige Afbreking: lang•dra•di•ge Samestelling: langdradig + -e--- Selfstandige naamwoord: langdradige Meervoud: langdradigesBetekenis: • Iemand wat langdradig is (onnodig lank aanhou).Gebruik: • Elke vergadering het 'n paar langdradiges wat die kollig probeer steel.Vertaling: Engels: long-winded person Nederlands: langdradige
Supertaal
22 сент., 12:52
kwesbare in Woordeboekkwesbare Afbreking: kwes•ba•re Samestelling: kwesbaar + -e--- Selfstandige naamwoord: kwesbare Meervoud: kwesbaresBetekenis: • Dié wat kwesbaar is.Gebruik: • Hulp sal aan die kwesbaarstes onder die kwesbares verleen word.Vertaling: Engels: vulnerable person Nederlands: kwetsbare
Supertaal
22 сент., 11:54
kwesbaarste in Woordeboekkwesbaarste Afbreking: kwes•baar•ste Samestelling: kwesbaar + -ste--- Selfstandige naamwoord: kwesbaarste Meervoud: kwesbaarstesBetekenis: • Dié wat die heel meeste kwesbaar is.Gebruik: • Die gemeenskap moet na sy kwesbaarste omsien. • Hulp sal aan die kwesbaarstes onder die kwesbares verleen word.Vertaling: Engels: most vulnerable person Nederlands: kwetsbaarste
Supertaal
22 сент., 11:32
gaapsiekte in Woordeboekgaapsiekte Afbreking: gaap•siek•te Samestelling: gaap + siekte--- Selfstandige naamwoord: gaapsiekte Meervoud: –Betekenis: • 'n Siekte onder pluimvee en ander voëls, veroorsaak deur die gaapwurm (Syngamus trachea).Gebruik: • Die kuikens was met gaapsiekte besmet en kon kwalik asemhaal.Vertaling: Engels: gapeworm disease Nederlands: gapenziekte
Supertaal
22 сент., 11:28
gaapwurm in Woordeboekgaapwurm Afbreking: gaap•wurm Samestelling: gaap + wurm--- Selfstandige naamwoord: gaapwurm Meervoud: gaapwurmsBetekenis: • 'n Parasitiese wurm wat die lugweë van pluimvee en ander voëls besmet en gaapsiekte veroorsaak, Syngamus trachea.Gebruik: • Die gaapwurms verstop die lugpyp, sodat die besmette voël met 'n oop bek na lug hap.Afgelei: • gaapwurmbesmetting • gaapwurmsiekte
Supertaal
22 сент., 11:17
vokaliseer in Woordeboekvokaliseer Afbreking: vo•ka•li•seer Samestelling: vokaal + -iseer--- Werkwoord: vokaliseer Verlede tyd: het gevokaliseer Teenwoordige deelwoord: vokaliserend, vokaliserende Verlede deelwoord: gevokaliseerdeBetekenis: • Om 'n klank, woord of sin hardop met die stem uit te spreek. • (musiek) Om die stem te oefen of op te warm deur bepaalde klanke of toonlere te sing.Gebruik: • Die kind sukkel om sy gevoelens te vokaliseer. • Voordat die sangers begin sin het, het hulle gevokaliseer.
Supertaal
21 сент., 18:54
rivierdier in Woordeboekrivierdier Afbreking: ri•vier•dier Samestelling: rivier + dier--- Selfstandige naamwoord: rivierdier Meervoud: rivierdiere Verkleinwoord: rivierdiertjie Meervoud van verkleining: rivierdiertjiesBetekenis: • Dier wat in of by 'n rivier leef.Gebruik: • Die seekoeie en krokodille is rivierdiere.Vertaling: Engels: river animal, river-dwelling animal
Supertaal
21 сент., 18:46
neerbak in Woordeboekneerbak Afbreking: neer•bak Samestelling: neer + bak--- Werkwoord: neerbak Verlede tyd: het neergebakBetekenis: • Om van bo af warm te maak.Gebruik: • Die son bak op die aarde neer. • Die somerson het genadeloos op die dorre landskap neergebak.Sinoniem: • skroei
Supertaal
21 сент., 17:50
delikatesse in Woordeboekdelikatesse Afbreking: de•li•ka•tes•se--- Selfstandige naamwoord: delikatesse Meervoud: delikatessesBetekenis: • 'n Lekkerny; kos wat as besonder smaaklik beskou word.Gebruik: • Die restaurant bedien plaaslike delikatesses.Sinoniem: • lekkernyVertaling: Engels: delicacy
Supertaal
21 сент., 16:10
ordineer in Woordeboekordineer Afbreking: or•di•neer--- Werkwoord: ordineer Verlede tyd: het geordineer Teenwoordige deelwoord: ordinerend, ordinerende Verlede deelwoord: geordineerdeBetekenis: • Om iemand tot 'n geestelike amp te wy. • Om 'n amptelike bevel of opdrag te gee.Gebruik: • Die kerk ordineer manlike en vroulike predikante. • Die stadsraad het nuwe maatreëls geordineer.Sinoniem:
Supertaal
21 сент., 13:26
ordinansie in Woordeboekordinansie Afbreking: or•di•nan•sie--- Selfstandige naamwoord: ordinansie Meervoud: ordinansiesBetekenis: • Iets wat geordineer is. 'n Verordening (voorskrif of bepaling) wat deur 'n owerheid uitgevaardig is.Gebruik: • Die stadsraad het 'n nuwe ordinansie oor die gebruik van openbare ruimtes uitgereik.Sinoniem: • bepaling • reglement • regulasie • verordening
Supertaal
21 сент., 07:19
jaarpunt in Woordeboekjaarpunt Afbreking: jaar•punt Samestelling: jaar + punt--- Selfstandige naamwoord: jaarpunt Meervoud: jaarpunteBetekenis: • Die punt wat 'n leerder of student oor die loop van 'n jaar vir 'n vak behaal het.Gebruik: • Haar jaarpunt vir Wiskunde was 78%.Sinoniem: • resultaat • uitslag
Supertaal
21 сент., 07:06
pimpel in Woordeboekpimpel Afbreking: pim•pel--- Bywoord: pimpelBetekenis: • Vol kneusplekke.Gebruik: • Die onderwyser het die kind se boude pimpel en pers geslaan.Spreekwoord: • Pimpel en pers geslaan. [Vol kneusplekke geslaan.]Vertaling: Engels: black and blue Nederlands: pimpel
Supertaal
21 сент., 07:00
skreeupers in Woordeboekskreeupers Afbreking: skreeu•pers Samestelling: skreeu + pers--- Byvoeglike naamwoord: skreeupers Attributief: skreeupersBetekenis: • Intensiewe vorm van pers: baie pers; helder en opvallend pers.Gebruik: • Sy dra 'n skreeupers aandrok.Sinoniem: • pimpelpers • donkerpers
Подписчики пишут боту, вы отвечаете реплаем, ваш аккаунт скрыт. Создаётся в одно касание.
Как это работает →